Verpleegsuster Kira Louw gaan werk op die Sea Nymph-toerskip sodat sy van 'n teisteraar af weg kan kom. Sy en die aantreklike dokter Albert Dorell is dadelik aangetrokke tot mekaar maar albei het voorbehoude.
Dr Malene Breytenbach het in Zimbabwe gewoon totdat sy veertien jaar oud was. Haar gesin het toe na Pretoria verhuis waar sy matrikuleer het aan die Afrikaans Hoër Meisieskool. Sy het twee grade by die Universiteit van Pretoria verwerf, 'n BA (met hoofvakke Engels en Frans) en BA (Hons) (Engels) en het ook as vertaler gewerk. Malene en haar gesin het in 1985 na Stellenbosch verhuis waar sy haar studies aan die Universiteit van Stellenbosch voortgesit het en verdere grade verwerf het in Hons, Magister en DPhil in Joernalistiek, Meester in Antieke Nabye Oosterse Studies en MPhil in Antieke Studies. Malene het ook by die Universiteit van Stellenbosch gewerk, eers in Openbare Betrekkinge, toe Kommunikasie en daarna die Stellenbosch-stigting. Oor die jare het Malene al meer as sestig boeke en verskeie kortverhale geskryf.