DIE BOEK
Ontmoet vir Jorsie, 'n klein worshond met 'n groot hart en 'n nog groter familie! Maar wag, hy's nie sommer 'n gewone worsie nie … terwyl sy neefs en niggiesskoothonde is, is Jorsie anders. Hy's nie tevrede met 'n gewone hondelewe nie, hywil 'n polisiehond wees! Wanneer een van Jorsie se skaaphondmaats se lammertjies skielik wegraak, isdie dorp se drie polisiehonde nie baie lus om te help soek nie. Jorsie kom gelukkig op 'n leidraad af … Sal hy die raaisel kan oplos en dielammertjie veilig kan terugbring na die plaas?
THE BOOK
Meet Jorsie, a small dachshund with a big heart and an even bigger family! But wait, he's not just an ordinary sausage dog... while his cousins are lapdogs, Jorsie is different. He's not satisfied with an ordinary dog's life; he wants to be a police dog! When one of Jorsie's sheepdog friends' lambs suddenly goes missing, the town's three police dogs are not very keen to help search. Fortunately, Jorsie comes across a clue... Will he be able to solve the mystery and bring the lamb safely back to the farm?