Toe Iris Koopman met haar dogtertjie, Rosie, terugkeer Suid-Afrika toe, loop sy haar vas in haar eksman, Brandon. Sy drinkery het destyds hulle huwelik vernietig en sy wil Rosie beskerm. Maar hulle deel 'n vriendekring en Rosie is dadelik gek oor haar pa. Toe Brandon haar saamnooi op 'n sakereis na Europa, sê Iris ja.